ARTÍCULO
TITULO

Sildenafiel as effektiewe monoterapie en kombinasiestrategie met ?n antidepressant in knaagdiermodelle van behandelingsweerstandige depressieSildenafil as an effective monotherapy and combination strategy with an antidepressant in rodent models of treatmentresistant depression

J L B Saayman    
B H Harvey    
G Wegener    
C B Brink    

Resumen

Major depressiewe versteuring (MDV) is ?n ernstige gemoedsversteuring wat miljoene individue van alle ouderdomsgroepe, rasse, etnisiteite en sosio-ekonomiese groeperings affekteer. MDV word gekenmerk deur ?n verlaagde gemoedstoestand, die onvermoë om plesier te ervaar en hoë selfdoodsyfers. Dit benadeel produktiwiteit in die werksplek, asook algemene lewenskwaliteit en interpersoonlike verhoudinge. Ongeveer 33% van MDV-pasiënte is weerstandig teen konvensionele antidepressantbehandeling en ly aan behandelingsweerstandige depressie (BWD), gedefinieer as ?n gebrek aan respons ná minstens twee voldoende proewe met antidepressante uit verskillende farmakologiese klasse. Dringende ondersoek na behandelingsopsies met nuwe biologiese teikens (waar modulering daarvan tot ?n antidepressiewe effek lei) is noodsaaklik, aangesien byna alle huidige beskikbare antidepressante die monoaminergiese stelsel op een of ander wyse moduleer. Hierdie studie het ondersoek ingestel na die effektiwiteit van die selektiewe fosfodiësterase tipe-5-remmer, sildenafiel, as ?n monoterapie en kombinasiestrategie saam met tradisionele antidepressante, vir die oorkoming van behandelingsweerstandigheid in twee knaagdiermodelle van BWD, naamlik die adrenokortikotropiese hormoon (AKTH), en die tydafhanklike sensitisering- (TAS-) geïnduseerde translasiemodelle.

 Artículos similares

       
 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más