ARTÍCULO
TITULO

Aktuele afbakeningskriteria vir die klassifikasie van landelike nedersettings in Suid-AfrikaCurrent demarcation criteria for the classification of rural settlements in South Africa

H Hattingh    
G S Cornelius    
N S Jacobs    

Resumen

Ongeveer ?n derde (33,14%) van die Suid-Afrikaanse bevolking bevind hulself tans in landelike nedersettings. Landelike nedersettings in Suid-Afrika is berug vir armoede en onderontwikkeling, wat die noodsaaklikheid van ?n hernude fokus op die ontwikkeling van hierdie tipe nedersettings beklemtoon. ?n Oorvloed uiteenlopende definisies van die term ?landelik? asook vae en teenstrydige afbakeningskriteria vir die klassifikasie van landelike nedersettings, skep verwarring onder akademici en praktisyns oor hoe om landelike nedersettings te verstaan en daarvoor te beplan. Die ontwikkeling van tipologieë en aktuele afbakeningskriteria vir die klassifikasie van landelike nedersettings is tans ?n globale fokusarea vir owerhede en ?n omvangryke besprekingspunt onder akademici.