Resumen
Kweekhuisgasse is een van die beduidende faktore wat tot versnelde klimaatsverandering bydra. Om hierdie rede is daar verskeie nasionale en internasionale verligtingsbeleide in werking gestel om die impak van klimaatsverandering teen te werk. Die verligtingsbeleide fokus hoofsaaklik op die vrystelling en bestuur van kweekhuisgasse. Hierdie beleide is saamgestel uit verskeie maatreëls soos koolstofbelasting, koolstofbegrotings en sektorgebaseerde vrystellingsteikens. Die doel van die maatreëls is om ?n afname in kweekhuisgasse te bevorder, maar dit vereis langtermynbeplanning om die resultate te bewerkstellig. Dit sluit onder andere prosesse en die tydlyne in waarvolgens nywerhede hul kweekhuisgasverminderingsteikens moet bereik.