Resumen
Daar word na plasmas as die vierde toestand van materie verwys. In die natuur manifesteer plasmas as korona-ontladings, weerlig, aurora borealis en in sterre soos die son. Plasmas kan ook opgewek word met elektriese boogontladings, radiofrekwensie-induksie, mikrogolwe, diëlektriese ontladings en lasers. Die ontstaansgeskiedenis van mensgemaakte plasmas en meegaande elektrotegnologie sedert die middel van die 17de eeu word in hierdie oorsigartikel opgesom. Die plasmatoestand word bespreek aan die hand van ?n algemene beskrywing en die fisiese eienskappe van ?n paar algemeen-gebruikte plasmagasse word ingesluit. ?n Aantal verskillende tipes plasmas en toepassings word kortliks bespreek, met die klem op termiese plasmas.Suid-Afrikaanse navorsing en ontwikkeling op die gebied van plasmategnologie, hoofsaaklik by Mintek, internasionaal bekend op die gebied van pirometallurgie, en Necsa, word bespreek. `n Kort oorsig van die Suid-Afrikaanse pirometallurgiese bedryf word ingesluit.Spesiale fokus word geplaas op termiese afvalprosessering en plasmagesteunde vergassing word met konvensionele prosesse vergelyk. Plasmagesteunde vergassing vir energieproduksie word in meer besonderhede bespreek. Laastens word ?n blik gegee op die huidige internasionale plasmategnologieverskaffers.