Resumen
?n Ondersoek na die effek van gemengde feniel-sikloheksiel gesubstitueerde ariel tersiêre fosfiene op die vastetoestandwanorde van die Cl?Rh?CO-groep in Vaska-tipe komplekse trans-[M(CO)Cl(PPhnCy3-n)2], waar M = Rh(I) of Ir(I), Ph = C6H5, Cy = C6H11 en n = 1 of 2, word aangebied. Enkelkristal X-straalstrukture van 4 voorbeelde van die reeks word geraporteer en vergelyk met verwante strukture wat dikwels die wanorde van die Cl?Rh?CO-groep, wat deur kristallografiese simmetrie beheer word, openbaar. Digtheids funksionele teorie (DFT) geometrie-optimalisering en energieberekenings op konformere van hierdie komplekse dui aan dat die wanorde waarskynlik is. ?n Onverwagte vastetoestandwanorde tussen feniel- en sikloheksielsubstituente van die fosfiene word ook bespreek.