ARTÍCULO
TITULO

Parametriese en nie-parametriese oorlewingsanalisetegnieke met ?n toepassing in die tersiêre onderwysomgewingParametric and non-parametric survival analysis techniques with an application in a tertiary education environment

Cleo Retief    
L Fletcher    

Resumen

Die waarskynlikheid van studente om te gradueer in enige kurrikulum waarvoor hulle ingeskryf is, sowel as die tydskaal daaraan verbonde, is om verskeie redes vir opvoedkundige beplanners van belang. Dit sluit die volgende in: bekommernisse oor fi nansiering (meer befondsing word benodig hoe langer die duur van studie), bestuursbeplanning en organisasie van fasiliteite (lesinglokale, eksamenlokale, student-tot-dosent verhoudings, rekenaarfasiliteite, ensovoorts) deur die universiteit, die tyd wat dit neem om ?n sekere graad te voltooi (word as prestasieaanwyser gebruik) en menslike hulpbronbeplanning (om toekomstige indiensneming in departemente te beplan). Al hierdie elemente is relevant vir Suid-Afrika, waar die afgelope paar jaar ?n toenemende vraag na universiteitsopleiding ervaar is. Studente wat nie hul studies binne die voorgeskrewe tydsduur voltooi nie, veroorsaak probleme. ?n Model om beramings van die duur van voorgraadse studie met behulp van parametriese en nie-parametriese oorlewingsanalise-tegnieke te maak, kan opvoedkundige bestuurders help om die beperkte hulpbronne tot hul beskikking beter te bestuur.

 Artículos similares

       
 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más