Resumen
In Suid-Afrika is beperkte navorsing gedoen oor onderwysers se reflektiewe klaskamerpraktyk. Die artikel het dus ten doel om die gehalte en inhoud van wiskundeonderwysers se refleksie of besinning oor ?n les binne die konteks van lesstudie te ondersoek. Die spesifieke doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die gehalte en inhoud van vyf wiskundeonderwysers se besinning of refleksie voor, tydens en nadat ?n les aangebied is. Die vyf onderwysers (twee manlik en drie vroulik) het gesamentlik oor hul eie sowel as hul kollegas se wiskundeonderrig besin. Die onderwysers is doelbewus geselekteer om aan die studie deel te neem. Kwalitatiewe data? is? uit? onderhoude,? lesplanne,? klaskamerwaarnemings? en? reflektiewe? skryfwerk? of geskrifte? versamel.? Daar? is? bevind? dat? al? die? wiskundeonderwysers? agterna? verbaal? en skriftelik? oor? hul? optrede? besin? het,? terwyl? drie? van? die? onderwysers? tydens? optrede? oor onderrig gereflekteer het. Die ontleding van hul lesplanne het geen bewyse van besinning v??r optrede (reflect-for-action) gelewer nie, met ander woorde die betrokke onderwysers het nie met die oog op toekomstige optrede besin nie. Twee onderwysers het wel krities oor hul leerders se verstaan van wiskunde en oor hul eie onderrig van begrippe besin. Aangesien hulle lede van die lesbestuderingsgroep was, het dit geblyk dat die hele ervaring ?n kontekstuele faktor is wat hierdie onderwysers se besinning op ?n positiewe wyse be?nvloed het. Die onderwysers se ontoereikende taalvaardighede en hul onvermo? om basiese wiskundige begrippe behoorlik te verbaliseer, het hul reflektiewe praktyk skynbaar egter negatief be?nvloed.