Resumen
AbstractIn this article, aspects relating to the management of the maintenance function within a production system are discussed. Inordinate disparities undermining the execution of the maintenance function - as a result of inter-regional differences regarding the availability of maintenance skills - are identified on the basis of empirical evidence and with the aid of inferential statistics. The cause/effect impact that such disparities have on the maintenance of equipment in a plant are singled out, and the reasons therefore discussed, while the comparative, inter-regional differences referred to stem from the tenets of industrial centralization versus industrial decentralization. The locales affected are the Johannesburg economic region as opposed to the economic growth point of Babelegi, in the Republic of Bophuthatswana. In conclusion, certain observations and recommendations are postulated with a view to highlighting the impact of locational differences on both the efficiency and effectiveness with which the maintenance function can be executed.In hierdie artikel word sekere aspekte wat op die bestuur van die onderhoudsfunksie betrekking het, bespreek. Buitengewone teenstrydighede wat die uitvoering van die onderhoudsfunksie ondermyn - as gevolg van interstreekse verskille sover dit die beskikbaarheid van onderhoudsvaardighede betref - word geidentifiseer op die basis van empiriese getuienis en met behulp van afgeleide statistiek. Die oorsaak/gevolg impak wat sulke teenstrydighede op die onderhoud van toerusting in 'n aanleg het, word uitgesonder en die redes daarvoor word bespreek, terwyl verwys word na die vergelykende, interstreekse verskille wat vanuit die beginsel van industriele sentralisasie teenoor industriele desentralisasie voortspruit. Die gebiede wat geaffekteer word is die Johannesburg ekonomiese streek teenoor die ekonomiese groeipunt van Babelegi in die Republiek van Bophuthatswana. Ten slotte word sekere waarnemings en aanbevelings gemaak ten einde die impak van liggingsverskille op die doeltreffendheid sowel as die effektiwiteit waarmee die onderhoudsfunksie uitgevoer kan word, uit te lig.