ARTÍCULO
TITULO

In diepte-studie van kamertemperatuur CuO nanostruktuur-gebaseerde gassensors voorberei deur sonochemiese sinteseIn depth study on room-temperature CuO nanostructrure based gassensors prepared by sonochemical synthesis

Dina Oosthuizen    
D E Motaung    
H C Swart    

Resumen

Gassensors speel ?n belangrike rol in die naspeuring en monitering van lae konsentrasies van toksiese en plofbare gasse (Grzegorz, Anna & Piotr 2016). Die hoofdoel van enige gassensor is om akkurate en betroubare intydse inligting oor die chemiese samestelling van die omliggende omgewing deur te gee. Dit word sodoende aangewend om publieke en huishoudelike veiligheid, industriële prosesse en omgewingsbesoedeling te verbeter. Analiste van Technavio (Verenigde Koninkryk) voorspel dat die globale gassensorindustrie teen ?n saamgesteldejaarlikse koers van 5.80 % gedurende die periode 2017 tot 2021 gaan groei (Technavio 2017).