ARTÍCULO
TITULO

Die identifisering van fenielbottersuur aromatiese metaboliete in die urien van die blou-aapThe identification of aromatic metabolites of phenylbutyrate in the vervet monkey

Wilhelmina J van der Linde    
Lodewyk J Mienie    
Jacobus J Bergh    
Mietha M van der Walt    
Gisella Terre'Blanche    

Resumen

Fenielbottersuur (PBA) word as ?n behandeling vir ureum sikliese defekte gebruik, as alternatiewe behandeling vir adrenoleukodistrofi e en dit besit ook ?n neurobeskermende effek teen oksidatiewe stres. Bekende metaboliete van fenielbottersuur in die mens en primate is fenielasynsuur en fenielasetielglutamien, terwyl fenielasetielglisien by rotte voorkom. Tans is die metaboliet(e) wat vir fenielbottersuur se toksisiteit verantwoordelik is en die identiteit van ontbrekende metaboliete nog onbekend. Die huidige studie identifi seer en bevestig die teenwoordigheid van metaboliete, wat voorheen in beide die mens en rot se urine gevind is, in die urine van die blou-aap. Hierbenewens is aromatiese metaboliete, wat voorheen onbekend was, in die urine van die blou-aap geïdentifiseer. Hierdie nuwe metaboliete vind moontlik hul ontstaan via mono-oksigenase, dehidro-orotase en as ß-oksidasie byprodukte.