Resumen
In hierdie artikel word die sienings van die antieke Grieke en Romeine oor die etiologie van aansteeklike siektes bespreek. Dit blyk dat hierdie sienings in verskeie opsigte verbasend korrek is. Hippokrates het byvoorbeeld geglo dat ?n wanbalans in die humore siekte voorafgegaan het, terwyl ons vandag weet dat ?n ondervoede liggaam ?n pasi?nt vatbaar maak vir epidemiese siektes. Verdere fyn waarnemings is opgeteken tydens die pes wat die Atheners in die 5de eeu voor Christus geteister het, toe daar opgemerk is dat die siekte (waarskynlik pokkies) versprei is deur nabye kontak met pasi?nte en dat dieselfde persoon die siekte nooit ?n tweede keer opgedoen het nie. Dit was die eerste beskrywing van verworwe immuniteit in die Westerse geskiedenis. Verder was die antieke Grieke en Romeine se teorie? oor miasmata en ?sade van siekte? in die lug die voorlopers van wat hedendaags ge?dentifiseer is as die patologiese mikro-organismes wat siekte veroorsaak. Weinig vooruitgang in die studie van die etiologie van aansteeklike siektes is sedert die Grieks-Romeinse tyd gemaak; trouens, in die 19de eeu is daar nog in London geglo dat infeksie die gevolg is van ?slegte lug?. Die probleem is eventueel opgelos toe Robert Koch in die 19de eeu met behulp van ?n mikroskoop die patogeniese organismes ontdek het wat aansteeklike siekte veroorsaak. In baie opsigte het die wetenskaplike ontdekkings gedurende die laaste twee eeue slegs die waarnemings van die antieke Grieke en Romeine wat meer as 2000 jaar gelede gemaak is, bevestig.