ARTÍCULO
TITULO

Dismorfisme van menslike oösiete gedurende virtuele tydsverloopmonitering: Die gevolge van gladde endoplasmiese retikulum komplekseMorphological anomalies in human oocytes with time-lapse monitoring: The consequence of smooth endoplasmic reticulum clusters

Morné Bakker    
A H Sims    
G M Boshoff    
C Huyser    

Resumen

Die morfologiese eienskappe van ?n menslike eiersel (oösiet) is een van die belangrikste faktore in ?n suksesvolle geassisteerde reproduktiewe siklus. Oösiete met gladde endoplasmiese retikulum komplekse (GER) word met swakker embrio-kwaliteit en laer implantasiesyfers geassosieer. Studies debatteer steeds die presiese rol van die GER-komplekse in die ontwikkeling van pre-implantasie embrio?s. Dit is onduidelik of die verskynsel van abnormaliteite as gevolg van ovariële stimulasieprotokolle voorkom of eerder ?n inherente sub-optimale oösiet kohort verteenwoordig. Die doel van die hierdie studie was om die implikasies van GER-kompleksein die morfologiese ontwikkeling van embrio?s asook gevolglike biochemiese swangerskapuitkomste te evalueer.