ARTÍCULO
TITULO

Dramatiese verhelderings van drie dwergnovasTransient emission of three dwarf novae-type cataclysmic variables

Helene Szegedi    
A Odendaal    
P J Meintjes    

Resumen

Kataklismiese veranderlikes (KVs) is kompakte binêre stersisteme wat bestaan uit ?n rooi dwerg, wat ?n normale hoofreeksster is, en ?n wit dwerg (WD), wat die kompakte oorblyfsel van ?n uitgebrande ster is, soortgelyk aan die son. Die afstand tussen die twee sterre is so klein as ongeveer een sonradius, wat tot orbitale periodes van ?n paar uur of minder lei (Giovannelli 2008). Massa-oordrag vind vanaf die rooi dwerg na die WD plaas, en die opbou van materiaal lei tot energieke uitbarstings.