Resumen
?Digitaal? in die frase ?om digitaal te wees?, is een van die treffrases van ons tyd, en bied ?n waarborg vir ?n beter, meer lofwaardige toekoms. Die probleem is dat digitaliteit op berekening gebaseer is. Baie mense wys daarop dat berekening alleen nie die toekoms kan skep of verseker nie. Berekening is te beperk en het te veel grense om die toekoms te bepaal en op sigself kan dit eerder bedreig. Die berekenbare word bowendien eintlik deur die onberekenbare bepaal. Vir ?n realistiese toekomsverwagting, as wesenlike saak van menswees, is iets veel meer en heel anders as blote berekening, komplementerend tot berekening nodig om die toekoms te verwag, daaroor te droom en te fantaseer, verbeeldingsvlugte te onderneem en dit te inventeer. Die ander kant van berekening, wat ook ?n menslike kapasiteit genoem kan word, is hier ter sprake. Om meer spesifiek te wees: die geestelike vermoë, die noëtiese kapasiteit, gekoppel aan die Griekse term nous is dit wat ?n mens, saam met kuber (berekening, digitaliteit) en kubernetika, die toekoms moet indra. Waarborge vir die toekoms van die mensheid moet steeds in mense self en in hulle kapasiteite gevind word. Dit kan kwalik iets anders wees as die betekenisvolle, kragtige verbintenis wat uitgewerk moet word tussen die kuber en die nous; die kapasiteit van berekening en die geesteskapasiteit van dromery en verbeelding. Die numeriese of digitale verbeelding moet gekomplementeer word met ?n narratiewe of noëties noölogiese verbeelding. Dit sou die enigste kapasiteite wees wat ons, in ons tyd van volslae ontwrigting, kan vrywaar van noodlottige en katastrofale waansin en wat hoop en moed kan skep om ?n toekoms sorgsaam te inventeer.