ARTÍCULO
TITULO

Ontwerp en vervaardiging van ?n vanadiumredoksvloeisel vir laboratoriumgebruikDesign and manufacturing of a laboratory scale vanadium redox flow cell

Eduan Oosthuizen    
P L Crouse    

Resumen

Hernubare energiebronne vir elektrisiteitsopwekking geniet internasionaal aandag te midde van die klimaatsveranderingkrisis. ?n Groot tekortkoming inherent tot hernubare energiebronne, is hul natuurlike onvoorspelbare aard. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die energiebron gedurende tye van hoë aanvraag beskikbaar is. Die oplossing wat internasionaal nagevors word, is die grootskaalse stoor van elektriese energie om die wisselvallige toevoer van elektrisiteit uit te skakel. Die vanadiumredoksvloeisel geniet sedert sy eerste bekendmaking heelwat aandag as ?n effektiewe grootskaalse stoormetode. Relevansie vir Suid-Afrika spruituit die land se groot fl uoor- en vanadiumreserwes. Fluoor word in die vervaardiging van die vloeisel se protondeurlaatbare membraan en die vanadium in die sel se elektroliet, gebruik.