ARTÍCULO
TITULO

Korrosie-eienskappe van sagte staal in hidrofluoorsuur gekontamineer met salpetersuurCorrosion characteristics of mild steel in contaminated hydrofluoric acid

Ryno Van der Merwe    
L A Cornish    
J W Van der Merwe    

Resumen

Tenks vervaardig van genormaliseerde sagte staal (kode SA516 Graad 70) is sedert 1993 vir die stoor en verspreiding van tegniese graad hidrofl uoorsuur (70% HF), in gebruik by die HF-aanleg op die Necsa-terrein. HF word kommersieel vervaardig deur die reaksie van kalsiumfl uoried met swaelsuur in ?n roterende buis-oond (CaF2 + H2SO4 ? CaSO4 + HF). Blootstelling van sagte staal aan die HF-produk word geassosieer met ?n chemiese reaksie van die suur met die staal (2H+ + 2F- + Fe ? H2 + FeF2), waardeur ?n skaallaag aan die binnekant van die tenk vorm. Die uniforme korrosielaag isoleer die rou staal van die HF-vloeistofi nhoud om sodoende korrosie te beperk. Deur middel van die beskermende skaallaag, is die korrosietempo van sagte staaltoerusting in gebruik op die HF-aanleg tipies ~0.5 mm/j.