Resumen
AbstractA requirement determination methodology for designing a management information system for a professional research organization. Information as a strategic resource becomes increasingly more important for professionally managed organizations. The research was done in an organization where scientific management was seen as the main objective of the organization. As a result, the management information system had to be improved and developed in order to accommodate the different levels of management and to provide accurate and timely decision-making assisted information. A conceptual model was developed to assist the developers in improving the MIS in order to ensure that the correct information would reach the different levels of management, as well as to provide in the needs of external information users. Four levels of users were taken into account according to the pyramidial structure, as well as external and internal information needs for the successful implementation of the MIS.Inligting as 'n strategiese hulpbron word in 'n toenemende mate al hoe belangriker vir ondernemings wat professioneel - ooreenkomstig die wetenskaplike bestuursbeginsels - bestuur word. In die artikel word 'n onderneming wat wetenskaplike bestuur as hoofdoelwit aanvaar, ondersoek. As gevolg daarvan moes die bestuursinligtingstelsel so verbeter en ontwikkel word ten einde die verskillende vlakke van bestuur van akkurate en tydige besluitnemingsondersteunende inligting te voorsien. In hierdie navorsingsprojek is 'n konseptuele model ontwikkel om die ontwikkelaars van 'n verbeterde inligtingstelsel te voorsien sodat die regte inligting die verskillende vlakke van bestuur sal bereik, en ook om die eksterne inligtingsgebruikers se behoeftes te bevredig. Die model kyk na die inligtingsbehoeftes van die vier verskillende vlakke van gebruikers volgens die piramiedestruktuur asook na eksterne inligtingsbehoeftes en interne faktore wat in ag geneem moet word vir die suksesvolle implementering daarvan.