Resumen
Mens en rekenaar genereer data elektronies teen ?n astronomiese spoed en in so ?n mate dat die samelewing tans kognitiewe uitdagings ervaar om al hierdie data sinvol te ontleed en te gebruik. Grootdatafirmas, soos Google en Facebook, het hierdie probleem reeds ?n paar jaar gelede geïdentifiseer en is tans gedurig besig om nuwe tegnologie te ontwikkel of bestaande tegnologie te verbeter, ten einde die kognitiewe ontleedproses van hierdie grootdatastelle te vergemaklik. Die doel van dié artikel is om ?n bydrae te lewer tot ons teoretiese begrip van die rol wat grootdata gaan speel om nuwe opleidingsgeleenthede aan Suid-Afrikaanse universiteite te skep. Die artikel ondersoek ontluikende literatuur oor die eienskappe en hoofkomponente van grootdata, tesame met die Hadoop-programstapel as voorbeeld van grootdatategnologie. Aangesien die snelle ontwikkeling van grootdatategnologie ?n paradigmaverskuiwing teweeg bring wat betref menslike hulpbronne wat hierdie datastelle gaan ontleed, stel die studie ondersoek in na die stand van grootdata-onderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite. Die artikel voorsien ook ?n oorsig oor moontlike grootdatabronne aan Suid-Afrikaanse universiteite, sowel as relevante grootdatavaardighede waaroor die datawetenskaplike noodwendig moet beskik. Die studie ondersoek verder ook bestaande akademiese programme in Suid-Afrika, wat gefokus is op die onderrig van gevorderde databasisstelsels. Die studie het bevind dat grootdataonderrig wel op nagraadse vlak aan Suid-Afrikaanse universiteite plaasvind, maar op ?n baie beperkte skaal. Dié artikel dra by tot nuwe kennis en stel belangrike teoretiese komponente voor wat ingesluit kan word by bestaande akademiese programme. Daar is egter meer navorsing nodig om hierdie programme uit te brei en in ?n groeiende vraag aan datawetenskaplikes met grootdatavaardighede te voorsien.