ARTÍCULO
TITULO

Ramsar-vleilande in Suid-Afrika: Historiese en huidige akwatiese navorsing

Wynand Malherbe    

Resumen

Vleilande verskaf ?n verskeidenheid van goedere en funksies en dus moet die vleilande wat nog natuurlik is, beskerm word. Die Ramsar-konvensie vir vleilande van internasionale belang is al vanaf 1975 in werking in Suid-Afrika en omtrent ?n half miljoen hektaar word beskerm by 23 lokaliteite. Die konvensie is daar om biodiversiteit te bewaar en veral waadvoëlhabitat te beskerm. in Suid-Afrika is baie van hierdie lokaliteite swak bestuur en min inligting oor die akwatiese biodiversiteit is beskikbaar. Waar daar wel inligting beskikbaar is, is die inligting verouderd en geen nuwer inligting is beskikbaar nie. Om hierdie rede is daar ?n studie geloods om te bepaal watter historiese inligting beskikbaar is vir die Ramsar-lokaliteite en om dan van hierdie gapings in die literatuur aan te vul. Die Ramsar-lokaliteite wat gekies is vir hierdie projek was Kosibaai, Sibaya-meer, Ntsikeninatuurreservaat, Barberspan, De Hoop Vlei, Heuningnesgetyrivier en die Makulekevleilande. Verskeie veldopnames is gedoen by die lokaliteite vanaf 2014 tot 2016 tesame met ?n studie van die beskikbare literatuur. Die resultate van die projek het gelei tot nuwe inligting oor die biodiversiteit en verspreiding van diatome, soöplankton, makroinvertebrate en visgemeenskappe by die verskeie Ramsar-lokaliteite. Hierdie inligting is nou beskikbaar om die inligting wat die Ramsar-konvensie vereis, op te dateer en ook om bestuursplanne aan te pas. Die resultate het getoon dat baie van die gemeenskappe uniek is of unieke eienskappe het, wat maak dat daar gepaste moniteringsprogramme vir elke lokaliteit benodig word.

 Artículos similares

       
 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más