ARTÍCULO
TITULO

Die ontwikkeling van wiskundige kreatiwiteit deur modelontlokkende aktiwiteite

Helena M. Wessels    

Resumen

Die vermo? om kreatief te dink en probleme op te los word as noodsaaklik vir ekonomiese en persoonlike sukses beskou. Die tradisionele benadering in klaskamers is nie bevorderlik vir wiskundige kreatiwiteit nie en voornemende onderwysers behoort blootgestel te word aan alternatiewe probleemoplossingsaktiwiteite waardeur wiskundige kennis, bevoegdhede en kreatiwiteit ontwikkel kan word. Navorsingstudies wys op die moontlikhede en suksesse van ?n wiskundige modelleringsbenadering waarin komplekse, oop probleme gebruik word om betekenisvolle wiskundige kennis te ontwikkel en leerders voor te berei vir die alledaagse lewe sowel as vir tersi?re studie en hul beroepe. Modelontlokkende aktwiteite (MOA?s) ontwikkel nie net wiskundige kennis nie, maar ook kreatiwiteit. Vyfhonderd-en-een voornemende grondslagfase-onderwysers het verskillende modelontlokkende aktiwiteite (MOA?s) in ?n longitudinale projek oor ?n tydperk van twee jaar opgelos. Die doel was om hul eie wiskundige kennis te verbreed en te konsolideer, en terselfdertyd kreatiwiteit en modelleringsbevoegdhede te ontwikkel. Die uiteindelike doel is om hulle voor te berei om wiskundige modellering te gebruik om kreatiwiteit in kinders van ses tot nege jaar te bevorder. Deur die oplos van MOA?s word leerders se wiskundige kennis opgebou en gekonsolideer, en verbeter hulle hul probleemoplossingsvaardighede. ?n Raamwerk met vier kriteria vir die identifisering van kreatiwiteit is gebruik om vlakke van kreatiwiteit in die oplossing van MOA?s suksesvol te evalueer. Studente se finale modelle het redelik konsekwente vlakke van kreatiwiteit volgens die vier kriteria getoon. Studente se bereidwilligheid om MOA?s op te los en met veelvuldige, oorspronklike en bruikbare ? dus kreatiewe ? oplossings vorendag te kom het ook toegeneem in die tydperk waarin hulle aan modelleringstake blootgestel is.

 Artículos similares

       
 
S Viljoen, J Pascoe, A G S Gous, J H van Laar     Pág. 139 - 140
Kweekhuisgasse is een van die beduidende faktore wat tot versnelde klimaatsverandering bydra. Om hierdie rede is daar verskeie nasionale en internasionale verligtingsbeleide in werking gestel om die impak van klimaatsverandering teen te werk. Die verligt... ver más

 
M Visser, T Pieterse, L Twigge, C Marais, B C B Bezuidenhoudt     Pág. 141
Sedert die ontdekking van olefienmetatese in die 1950?s vervul dit ?n onontbeerlike rol in sintetiese organiese chemie. Hierdie ontdekking het innoverende vooruitgang in chemiese biologie, medisinale chemie en materiaalwetenskappe tot gevolg gehad (Hovey... ver más

 
A A Tefera     Pág. 12 - 21
Mielies is een van die hoëprioriteitgewasse om die steeds groeiende bevolking in Afrika te voed, maar die produksie daarvan word beperk deur ?n tekort aan hoëopbrengsvariëteite tesame met biotiese en abiotiese stremming. Hierdie studie is begin om gemidd... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
Arnold A Jansen, Izak J Van der Walt, Philippus L Crouse     Pág. 14 - 31
Daar word na plasmas as die vierde toestand van materie verwys. In die natuur manifesteer plasmas as korona-ontladings, weerlig, aurora borealis en in sterre soos die son. Plasmas kan ook opgewek word met elektriese boogontladings, radiofrekwen... ver más