ARTÍCULO
TITULO

Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed

Gerrit H. Stols    
Stephan J. Venter    
Elizabeth M. Louw    

Resumen

Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beïnvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer uit ? groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het, toegang tot rekenaars het en met die sagteware vertroud is. Vyf-en-sewentig respondente het die gestruktureerde vraelyste voltooi. Veelvoudige regressie is gebruik om die verhouding tussen die vier konstrukte van die Unified Theory of Acceptance and Use of Technology te ondersoek. Hierdie konstrukte is prestasieverwagting, verwagte inspanning, sosiale invloed, en fasiliterende omstandighede met betrekking tot onderwysers se voorneme om die wiskundesagteware te gebruik. Die studie het bevind dat die kombinasie van die vier bogenoemde konstrukte 30% van die variansie in respondente se voorneme om die sagteware te gebruik verduidelik het. Daar is gevind dat fasiliterende omstandighede nie regstreeks ? invloed op mense se gebruik al dan nie van die sagteware het nie, aangesien almal van hulle toegang tot rekenaars het. Onderwysers se voorneme om sagteware te gebruik het geblyk die werklike gebruik van sagteware vir onderrig en leer te voorspel.

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
Wessel J Pienaar     Pág. 14 - 13
Hierdie artikel bied ?n oorsig van liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die lewering van winsgewende goederespoordienste kan ondersteun. Aangesien spoorvervoer tot vaste roetes beperk is en ?n stasie-tot-stasie-diens eerder as ?n diens... ver más

 
Cobus Vermeulen, Fanie Joubert, Jannie Rossouw    
Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) fakt... ver más

 
Jacobus N Eloff     Pág. 16 - 19
Met die langer lewensverwagting en verandering van pensioenskemas van maatskappye die afgelope paar jaar word dit al hoe belangriker vir salaristrekkers en pensioenarisse om self verantwoordelikheid te neem vir hulle fi nansiële beplanning voor... ver más

 
Johandri Vosloo, K Uren, A F Van der Merwe     Pág. 146
Die koffi eroosterproses is kompleks en jare se ondervinding word benodig om ?n kwaliteit koppie koffie te produseer (sowel as om dieselfde gehalte koffi e herhaaldelik te produseer). Alhoewel verskeie faktore die finale smaak van koffie kan beïnvlo... ver más

 
Hugo Bezuidenhout, J Botha, T Ramaswiela, T O'Connor     Pág. 20 - 34
Die bestuur van weidingsbronne in semi-ariede savanna is afhanklik van beskikbare water, wat weer op sy beurt afhanklik is van reënval, grondtipe en houtagtige biomassa. Beweiding en vuur kan bydraende faktore wees wat die bestuur beinvloed. Om... ver más