ARTÍCULO
TITULO

Funksionele karakterisering van ?n tentatief geannoteerde stachyose sintase van Medicago truncatulaFunctional identification of a putative stachyose synthase from <i>Medicago truncatula</i>

Melt Hugo    
B Loedolff    
H C Janse van Rensburg    
D T Guzha    
S Pieters    

Resumen

Raffi nose Familie Oligosakkariede (RFO?s; Suc-Galn, 13 < n = 1) is a-1,6-galaktosielverlengings van sukrose wat slegs in die plantkoninkryk en in ?n seleksie van foto-outotrofi ese bakterieë voorkom. Hierdie unieke suikers vervul kritiese rolle in plante en dien as storingsmolekule in die sinkweefsel, fl oëem translokasiemolekules, en as teikenmolekule om abiotiese en biotiese spanning teen te veg. Die RFO-biosintetiese roete is goed gekarakteriseer en RFO?s word geproduseer vanaf sukrose deur die opeenvolgende byvoeging van galaktosielmolekules deur a-1,6-galaktosieltransferases naamlik galaktinol sintase (GolS, EC 2.4.1.123), raffinosesintase (RafS, EC 2.4.1.82) en stachyose sintase (StaS, EC 2.4.1.67).