Redirigiendo al acceso original de articulo en 18 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Evaluering van opbrengsverwante eienskappe in groente-soja onderworpe aan geïnduseerde droogtestremmingEvaluation of yield-related traits in vegetable-type soybean exposed to induced drought stress

R D Coertzen    
A van Biljon    
R van der Merwe    

Resumen

Groente-soja, ook bekend as ?edamame? in Japannees, is in 2009 amptelik in Suid-Afrika bekendgestel in ?n poging om ?n alternatiewe hoëproteïen-voedselbron vir die arm bevolking te bied, wanvoeding te bekamp en vir opkomende boere ?n inkomste te genereer. Hierdie gewas is egter nie aangepas by die Suid-Afrikaanse klimaat nie en dus word baie laer opbrengste in vergelyking met oosterse lande behaal. Suid-Afrika word beskou as ?n halfdroë-land wat gebuk gaan onder droër periodes wat tot sojaboon-graanoesverliese van tot 80% kan lei. Ten einde hoër opbrengste te behaal, is daar ?n behoefte om kultivars te identifiseer wat meer droogteverdraagsaam is en dan te bepaal watter meganismes hierdie kultivars gebruik om opbrengsverlies te beperk.

 Artículos similares

       
 
R.B. Boneschans, D.S. Malo, F.S.J. Van Rooijen, Klaus Kellner     Pág. 1 bladsy
Die doel van hierdie studie was om die kronologiese opeenvolging van plantegroeivestiging opgerehabiliteerde goudslikmyn damme met behulp van biomassa, samestelling en bedekking van grasspesies te evalueer.