Resumen
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Dit is bekend dat die verskillende daaglikse ladingstoestande/-siklusse ?n beduidende impak op die kruipgedrag en die patroon van spanningsvermindering in die stoompype het. Gevolglik is die kruiprespons en spanningsvermindering van P92-stoompype wat aan verskillende ladingstoestande onderwerp is, gesimuleer deur in hierdie studie van ?n eindige-elementtegniek (EE-tegniek) gebruik te maak. Abaqus CAE/2020 is gebruik om die kruipgedrag en spanningsvermindering van die pype te raam, terwyl fe-safe/Turbolife in die berekening van die kruipskade en nutsduur van die pype gebruik is. Deur die verskillende bedryfstoestande te vergelyk, is vinniger spanningsvermindering en hoër kruipvervorming waargeneem in die pype wat aan ?n bestendige toestand onderwerp is in verhouding tot die ontledings wat sikliese ladings omvat het. Die pype se kruipnutsduur wanneer dit aan sikliese lading onderwerp word, is korter as wat verkry word uit analises wanneer dit aan ?n bestendige toestand onderwerp word. Dus verminder enige vorm van sikliese lading van stoompype kruipnutsduur aansienlik.