Resumen
Varswaterekostelsels word nie voldoende bestudeer nie en word dus ook nie goed verstaan nie. Behoorlike wetenskaplike kennis van die totale spesiediversiteit binne hierdie ekostelsels ontbreek, veral vir kleiner ongewerweldes soos soöplankton. Soöplankton speel ?n belangrike rol in watervoedselwebbe, met 10% van verteenwoordigers van die krustaseë wat in varswaterhabitats voorkom. Dit sluit byna 500 spesies van die subklas Branchiopoda met 15 families van die superorde Cladocera in.