Resumen
Paarprogrammering het in die industrie ontstaan waar die fokus op die ontwikkeling van programme teen die mees koste- en tyd-effektiewe wyse binne die raamwerk van kwaliteit behoort plaas te vind. Die klem is in hierdie konteks geplaas op die feit dat ?n bepaalde programkode nie deur een persoon alleen ontwikkel behoort te word nie, maar dat twee persone mekaar kan bystaan om ?n beter programkode te skryf, en mekaar ook kan aanspoor om vinniger te werk. Die probleem met hierdie benadering was egter dat beginner-programmeerders in die industrie nie vooraf op tersi?re vlak genoegsaam met sosiale vaardighede bemagtig is om saam te werk aan programkode nie. Die eise van die industrie, veral die sterker nadruk op samewerking in programmering, het meegebring dat paarprogrammering in die laat negentigerjare ook in die tersi?re opleiding van programmeerders veld begin wen het. Die pedagogiese beginsels waarop enige onderrig-leerstrategie gebou moes word, is in hierdie proses egter grootliks oor die hoof gesien. Hierdie artikel doen eerstens verslag oor ?n ondersoek rakende die semantiese en ontologiese onderskeid tussen ko?peratiewe (co-operative) en samewerkende (collaborative) leer, en tweedens dat paarprogrammering, binne die konteks van ?n sosiaal-konstruktiwistiese benadering tot onderrig en leer as ?n samewerkende onderrig-leer strategie beskou kan word. Paarprogrammering is m??r as bloot om twee leerders en/of studente saam aan ?n opdrag of programmeertaak te laat werk. Die meer gestruktureerde wyse, waarop paarprogrammering ge?mplementeer moet word, stem ooreen met die beginsels van ko?peratiewe leer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die korrekte pedagogiese toepassing van paarprogrammering as ko?peratiewe onder-leerstrategie in tersi?re onderwys leerwins binne die onderrigleersituasie verhoog.