Redirigiendo al acceso original de articulo en 17 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Sosiaalaanspreeklike etnobotaniese opnames in die Kaapse flora: Etiese beginsels, metodologie en kwantifisering van data

Ben-Erik Van Wyk    
Josef J. de Beer    

Resumen

?n Bre? oorsig van gepubliseerde en ongepubliseerde etnobotaniese opnames in die Kaapse Floristiese Streek (tradisionele woongebied van die San en Khoi gemeenskappe) toon dat die beskikbare data oor inheemse plante en hul gebruike onvolledig is. Daar bestaan ?n dringende behoefte om hierdie ryke skatkis inheemse kennis op ?n sistematiese en sosiaalaanspreeklike wyse vir die nageslag te boekstaaf. Verbeterde metodes vir die kwantifisering van data word voorgestel met spesifieke verwysing na die eenvoud en voordele van die nuwe Matriksmetode [Matrix Method] wat onlangs gekonseptualiseer en ge?mplimenteer is. Hierdie metode kan vals-negatiewe rekords verminder of verhoed, verseker deelname van bejaardes met beperkte beweeglikheid en maak dit moontlik om tradisionele plantgebruikpatrone in plaaslike gemeenskappe met mekaar te vergelyk. Die metode stel die navorser in staat om die kennisvlak, wat behoue gebly het, te kwantifiseer en die relatiewe belangrikheid van verskillende plantsoorte meer objektief te bepaal. Etiese oorwegings, wat op etnobotaniese opnames betrekking het, word kortliks in die lig van hedendaagse etiese kodes en internasionale konvensies bespreek. Daar word ook aangetoon hoe hierdie toeganklike benadering in die lewenswetenskappe-klaskamer gebruik kan word.

 Artículos similares

       
 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más