Resumen
In hierdie artikel word verskillende metingsteorie?kortliks bespreek en vergelyk wat betref die bepunting van meerkeusige vrae. Daar word gedemonstreer hoe die hantering van ontbrekende response ?n beduidende impak kan h? op ?n toetsling se prestasie en hoe dit ten beste gehanteer word volgens die verskillende moderne teorie?. Die feit dat toetslinge meerkeusige vrae korrek kan beantwoord deur te raai is jare lank al die onderwerp van bespreking. Daar word aangeneem dat toetslinge meestal nie g??n kennis hoegenaamd van die inhoud van ?n toepaslike toets het nie, en dus geneig is om ingeligte raaiskote te waag eerder as wilde raaiskote. Probleme met die klassieke korreksie vir raai, die gebruik van passingsindekse in Rasch en die raai-itemparameter in die itemresponsteorie (IRT) word beklemtoon. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die keusewaarskynlikheidsteorie moontlik die beste oplossing bied. Die drieparameter- logistiese itemresponsteorie (IRT)-model sluit ?n ?raaiitemparameter? in om die kanse aan te dui dat ?n toetsling die regte antwoord geraai het. Daar moet egter onthou word dat dit ?n persoon is wat raai, nie ?n item nie, en dat die raaiparameter dus eintlik ?n persoonsparameter moet wees. Die doel van die keusewaarskynlikheidsteorie is om hierdie probleem te oorkom deur te probeer vasstel wat die graad van sekerheid is wat die toetsling het dat ?n bepaalde opsie die regte een is. Relastiese allokasies van hierdie waarskynlikhede dui die graad van raai aan en bied dus meer noukeurige maniere om vermo?ns te meet.