Resumen
Die koffi eroosterproses is kompleks en jare se ondervinding word benodig om ?n kwaliteit koppie koffie te produseer (sowel as om dieselfde gehalte koffi e herhaaldelik te produseer). Alhoewel verskeie faktore die finale smaak van koffie kan beïnvloed, van die prosesseringsmetodes van groen boontjies tot die roostertoerusting wat gebruik word, is die roosterproses een van die belangrikste in die ontwikkeling van die geur van koffie. Onbehoorlike roosterprosesse kan die beste gehalte groen koffiebone bederf. Geen vaste reëls word gevolg om ?n spesifieke gehalte geroosterde koffie te produseer nie en roostertegnieke verskil van roosterstelsel tot roosterstelsel, en persoon tot persoon. Die doel van hierdie studie is om die koffieroosterproses te modelleer en ?n model te identifiseer wat verder vir die optimering en beheer van die roosterproses gebruik kan word. Die moontlikheid om ook die gehalte van die finale geroosterde koffie met die geïmplementeerde model te voorspel, met ander woorde die graad van rooster, is ook oorweeg.