Resumen
Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) faktore aangedryf word. Vir hierdie doel word die ARDL grenstoets (?bounds test?) gebruik as empiriese raamwerk waarbinne die rol van verskeie makro-ekonomiese veranderlikes, geklassifiseer as òf plaaslik òf internasionaal, in die ontwikkeling van die JSE ? soos benader deur die markkapitalisasiekoers ? ondersoek word. Die navorsingsbevinding is dat plaaslike ekonomiese groei, banksektorontwikkeling en rentekoerse, asook die wisselkoers en handelsoopheid die vernaamste langtermyndrywers van JSE-ontwikkeling is. Dus speel sowel plaaslike as internasionale faktore ?n beduidende rol in die ontwikkeling van die JSE.