Redirigiendo al acceso original de articulo en 19 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Korttermynbedreigings vir varswater-Mollusca in die Olifantsrivier en enkele sytakke

Kenn? N. de Kock    
Cornelius T. Wolmarans    
Mathilde Kemp    
Wietsche Roets    

Resumen

Die bewaringstatus van minder as 2% van die ongeveer 7000 molluskspesies bekend w?reldwyd, is tot dusver behoorlik geassesseer. Gevolglik is die algemene vlak van bedreiging vir molluske power gedokumenteer en hoogs waarskynlik onderskat. Varswatermolluske is permanente waterbewoners wat oor beperkte voortbewegingsvermo? beskik en aan ?n verskeidenheid van antropogeniese afvalstowwe blootgestel word omdat waterbronne dikwels as stortplek vir ?n groot verskeidenheid van nadelige besoedelstowwe gebruik word. Die Olifantsrivier word dikwels as een van die mees getransformeerde riviere in Suider-Afrika beskryf en word toenemend aan uitermate ho? druk onderwerp betreffende natuurlike hulpbronne en die geassosieerde landelike versteurings, asook besoedeling. Omdat min inligting oor die diversiteit van Mollusca in die Olifantsrivier op rekord is, is in die huidige studie vier opnames tydens twee opeenvolgende jare gemaak van die molluske in die Olifantsrivier en geselekteerde sytakke by onderskeidelik drie lokaliteite op die Ho?veld en vier in die Laeveld. Die pH en elektriese geleidingsvermo? van die water is by elk van die lokaliteite bepaal en het gewissel tussen 6.93 en 9.50, en 110 ?S en 1336 ?S, vir pH en geleidingsvermo? onderskeidelik. ?n Totaal van 25 molluskspesies is tydens die vier opnames versamel wat die eksotiese indringerspesies Lymnaea columella, Physa acuta, Aplexa marmorata en Tarebia granifera insluit. Laasgenoemde spesie het verreweg die grootste getal eksemplare in totaal opgelewer, hoofsaaklik by ?n lokaliteit wat as grootliks getransformeerd beskryf kan word. Die resultate van hierdie ondersoek kan as basis vir toekomstige opnames dien om die impak van antropogeniese versteurings op die diversiteit van die Mollusca in die Olifantsrivier- en opvanggebied te evalueer.

 Artículos similares

       
 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más