Resumen
Selfregulering is belangrik in die ontwikkeling van lewenslange leerders, veral by voordiensonderwysers wat op hul beurt modelleerders van selfregulering in hul eie klaskamers gaan wees. Onderrig op tersi?re vlak word grootliks gekenmerk deur tradisionele onderrigmetodes vanwe? die groot groepe leerders betrokke. In hierdie studie is vasgestel of ?n bepaalde grootgroeponderrigstrategie ?n invloed het op lede van groot klasgroepe se selfregulering, al dan nie. ?n Kwantitatiewe voortoets-natoets-ontwerp is gebruik waarin die studiegewoontesveld van die Studie-Ori?ntasievraelys in Wiskunde aan die begin en einde van die semester ingesluit is. In ?n tweede vraelys het leerders hul belewenis van die grootgroeponderrigstrategie volgens ?n vyfpunt-Likertskaal beoordeel en ?n oopeindevraag voltooi wat ingesluit is om moontlike addisionele verklarings te bied vir die resultate wat verkry is uit die geslote vrae van die vraelys oor grootgroeponderrig. Beskrywende statistiek is gebruik om die data te interpreteer. Uit die resultate blyk dit dat daar nie ?n verbetering in leerders se selfregulering was nie. By ontleding van die oopeindevraag het dit aan die lig gekom dat verskeie aspekte van selfregulering by leerders ontbreek, soos tydsbestuur en goeie studiegewoontes, asook die bereidwilligheid om meer as net die voorgeskrewe probleme te doen.