Resumen
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neergelê word om ?n driedimensionele (3D-) voorwerp te vorm. Volgens internasionaal gestandaardiseerde terminologie bestaan daar sewe standaard laagvervaardiging proseskategorieë tesame met verskeie tegnologieë en materiale. Laagvervaardigingsmateriale is die grondstowwe wat in poeier-, soliede of vloeistofvorm toegevoeg word tot die bou- (produksie-) proses en die gehalte van die finale produk beïnvloed. Wêreldwyd word laagvervaardiging in die produksie van komplekse onderdele in die lugvaart- en motorbedryf sowel as vir die vervaardiging van pasiëntspesifieke mediese prosteses gebruik. Suid-Afrika se eerste laagvervaardigingsmasjien het in 1991 sy debuut gemaak, waarna verskeie Suid-Afrikaanse instansies ook in laagvervaardiging belê het, met die doel om navorsing en ontwikkeling in laagvervaardiging te bevorder. Daar was aanvanklik ?n beperkte opname van die tegnologie, en dit kon toegeskryf word aan die tradisionele vervaardigingsbedryf in Suid-Afrika. Die toename in die gebruik van industriële laagvervaardigingsmasjiene sowel as die gebruik van intreevlak-3D-drukkers vir die algemene gebruiker het eers in die tydperk tussen 2010 tot 2017 plaasgevind. Na gelang hierdie innoverende tegnologie bly vorder, is dit belangrik vir die operateur, d.w.s. beide die ingenieur en die algemene gebruiker van die laagvervaardigingsmasjien, om bewus te wees van potensiële gesondheidsrisiko?s wat met hierdie tegnologie geassosieer word.