Resumen
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes aan water en suurstof blootgestel word. Navorsers het bevind dat die doeltreffendste metode om SMD te behandel die gebruik is van bioafbreekbare adsorberende membrane, gemaak van chitosaan en natuurlike vesels, of chitosaan en natuurlik voorkomende minerale, bv. titaandioksied. In hierdie verslag word ?n oorsig gedoen van die doeltreffendste behandelings vir afvalwater (suurmyndreinering) wat van adsorberende membrane gebruik maak. Hierdie oorsig kyk na die koste van die installering van adsorberende membrane en tref ?n vergelyking met tradisionele behandelingstegnologieë wat in die behandeling van SMD gebruik word. Polimeergebaseerde adsorbeermiddels word vergelyk met die tradisionele behandelingstegnologieë wat by die behandeling van SMD gebruik word, en daar word ?n oorsig gedoen van die gebruik van polimeergebaseerde materiale as gevorderde materiale vir swaarmetaalverwydering en SMD-behandeling. Die effek wat hierdie nuwe tegnologie op die omgewing en mense het, word ook ondersoek.