Resumen
Ongeag die algehele sukses van tuberkulose- (TB-) behandeling (DOTS-strategie), is daar steeds jaarliks veelvoudige onsuksesvol behandelde gevalle. Die DOTS-strategie behels die toediening van ?n kombinasie antibiotikums onder toesig, vir ?n minimum van ses maande. Alhoewel onsuksesvolle terapie toegeskryf kan word aan die onderbreking en/of vroegtydige staking van behandling, is dit in baie gevalle ook die uitkoms wanneer die DOTS-kursus ten volle gevolg word. Die onderliggende biologiese meganisme hiervan is egter meestal onbekend, en meer inligting oor hierdie verskynsel kan tot verbeterde behandelingsprotokolle lei. Metabolomika (die studie van klein molekules in biologiese sisteme soos bloed, urine en selle) weerspieël die interaksie tussen genetika, eksterne faktore, soos medikasie, en die fenotipe (suksesvol/onsuksesvolle behandeling), wat dus toegepas kan word om antibiotikums se werkmeganismes en toksisiteit te ondersoek. Die studie het ?n multiplatform-metabolomikabenadering gevolg vir die identifikasie van metabolietmerkers wat meer inligting oor die onderliggende meganismes van TB-behandeling kan bied.