Redirigiendo al acceso original de articulo en 15 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Veranderinge in die urienmetaboloom van tuberkulosepasiënte tydens suksesvolle en onsuksesvolle behandelingVariations in the urine metabolome of tuberculosis patients during successful and unsuccessful treatment

M Opperman    
D T Loots    
I du Preez    

Resumen

Ongeag die algehele sukses van tuberkulose- (TB-) behandeling (DOTS-strategie), is daar steeds jaarliks veelvoudige onsuksesvol behandelde gevalle. Die DOTS-strategie behels die toediening van ?n kombinasie antibiotikums onder toesig, vir ?n minimum van ses maande. Alhoewel onsuksesvolle terapie toegeskryf kan word aan die onderbreking en/of vroegtydige staking van behandling, is dit in baie gevalle ook die uitkoms wanneer die DOTS-kursus ten volle gevolg word. Die onderliggende biologiese meganisme hiervan is egter meestal onbekend, en meer inligting oor hierdie verskynsel kan tot verbeterde behandelingsprotokolle lei. Metabolomika (die studie van klein molekules in biologiese sisteme soos bloed, urine en selle) weerspieël die interaksie tussen genetika, eksterne faktore, soos medikasie, en die fenotipe (suksesvol/onsuksesvolle behandeling), wat dus toegepas kan word om antibiotikums se werkmeganismes en toksisiteit te ondersoek. Die studie het ?n multiplatform-metabolomikabenadering gevolg vir die identifikasie van metabolietmerkers wat meer inligting oor die onderliggende meganismes van TB-behandeling kan bied.

 Artículos similares

       
 
Vanessa O?Neill, Charlene Andraos, Tamsyn Jeffery, G. Koorsen, Liza Bornman     Pág. 1 bladsy
Epigenetika is die studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie verandering in DNS basisvolgorde betrek nie en wat deur seldeling oorgedra word.

 
C.R. Swiegelaar, Rialet Pieters     Pág. 1 bladsy
Die effekte van hormoonontwrigters (HO) op die mens en omgewing raak al hoe meerkommerwekkend. Die effekte kan varieer van klein veranderinge in fisiologiese en seksuele gedrag tot permanente verandering van seksuele differensiasie.