Redirigiendo al acceso original de articulo en 23 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Goue jubileum van metrisering: 50 jaar sedert die jaart

Cobus Vermeulen    
Jannie Rossouw    

Resumen

Die Republiek van Suid-Afrika het op 1 April 1971 begin met die praktiese implementering van die omskakelingsproses vir die gebruik van die metrieke stelsel van volume, mates, massaeenhede, temperatuur en so meer. Met die aanvaarding van metrieke afstandmates en spoedmeting op 1 April 1971 is ?n omskakelingstydperk van enkele jare ingelei. Die belangrike stap om afstand en spoed te metriseer het nie slegs Suid-Afrika op die pad na volle metrisering geplaas nie, maar het ook die proses baie sigbaar vir die publiek gemaak.Metrisering het die imperiale stelsel, wat voorheen in gebruik was, vervang. Mates soos jaart (tree) en voet is met meter en sentimeter vervang. Vir volume is liter, eerder as gelling en pint, in gebruik geneem en kilogram en gram, eerder as pond en ons, is as massaeenhede aanvaar. Celsius, eerder as Fahrenheit, is vir temperatuurmeting aanvaar. Die komma is ook aanvaar om desimale waardes aan te dui, teenoor die punt wat voorheen gebruik is. Die voordele van metrieke mates is die desimale grondslag waarop dit gegrond is en die standaardisering van eenhede wat internasionale handel bevorder.Hierdie artikel toon dat Suid-Afrika suksesvol was in die volledige afhandeling van metrisering, teenoor sekere ander lande wat die proses aangepak het maar tot dusver nooit volledig voltooi het nie, of selfs nie aangepak het nie. Hierdie artikel toon dat volledige afhandeling van metrisering die korrekte strategie is, soos in Suid Afrika die geval was.

 Artículos similares

       
 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más