Redirigiendo al acceso original de articulo en 16 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Oplosmiddelvrye-transformasie van bensielalkohol na bensaldehied oor koper- en sink-gemodifiseerde fosfomolibdeensuur-katalisators by kamertemperatuur

Jhansi Pedada    
Holger B Friedrich    
Sooboo Singh    

Resumen

Koper- en sinkuitgeruilde heteropolisuurkatalisators is gesintetiseer en gekarakteriseer deur verskeie tegnieke soos X-straaldiffraksie (XSD), infrarooispektroskopie (IR), piridiengeadsorbeerde infrarooispektroskopie, BET oppervlakanalise, 31P KMR-spektroskopie en Induktief Gekoppelde Plasma Optiese Emissiespektroskopie (IGP-OES) om die fisieschemiese eienskappe daarvan te ondersoek. Poeier-X-straaldiffraktogramme het getoon dat kristalliete van die Keggin-ioon van die heteropolisuur teenwoordig was en dat dit behoue gebly het na metaalmodifikasie. Piridien-geadsorbeerde infrarooispektroskopie het aangedui dat die Brønsted/Lewis suurplekverhouding toegeneem het in die metaaluitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators, terwyl daar ?n afname was in hierdie verhouding vir die gemodifiseerde fosfowolframsuurkatalisators. 31P NMR-spektra het getoon dat die metaal suksesvol met protone uitgeruil is en nie geïnkorporeer is in die primêre struktuur van heteropolisuurkatalisator nie; dus is die Keggin-ioon behou. In die oksidasie van bensielalkohol deur metaaluitgeruilde katalisators, het die Zn-uitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators hoër oksidasie-aktiwiteit getoon wat goed gekorreleer het met die suurheid van die katalisators.

Palabras claves

 Artículos similares

       
 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S du Preez, J du Plessis, J Fourie, W du Preez, D de Beer     Pág. 92 - 105
Die doel van hierdie literatuurstudie was om ?n breë oorsig van laagvervaardiging in Suid-Afrika en die beroepsgesondheid risiko?s wat geassosieer word met laagvervaardiging te voorsien. Laagvervaardiging is die proses waar materiale laag-vir-laag neerge... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más