Redirigiendo al acceso original de articulo en 16 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Karakteristieke van langtermyn saamgestelde variasie van die kruidstratum in ?n semi-ariede Afrika savanna: Reënval, grondtipe en plantspesies funksionele groepe

Hugo Bezuidenhout    
J Botha    
T Ramaswiela    
T O'Connor    

Resumen

Die bestuur van weidingsbronne in semi-ariede savanna is afhanklik van beskikbare water, wat weer op sy beurt afhanklik is van reënval, grondtipe en houtagtige biomassa. Beweiding en vuur kan bydraende faktore wees wat die bestuur beinvloed. Om die effek van reënval veranderlikheid op plantegroei te verstaan is langtermyn studies nodig, ten minste ?n 18 jaar ?quasi? reënvalsiklus. Die gebrek aan langtermyn data veroorsaak dat baie min van hierdie tipe studies gepubliseer word. Die monitering van die kruidstratum en houtagtige plantegroei op diep (>0.6m), goed gedreineerde sanderige grond, matige diep (0.3-0.6m) goed gedreineerde sande en swak gedreineerde klei-gronde en dan vlak (<0.3m) klipperige matige gedreineerde sandleemgrond in die gedeproklameerde Vaalbos Nasionale Park, Suid Afrika, is van 1993 tot 2015 gedoen. Hoewel houtagtige digtheid en struktuur opvallend verskillend is oor die verskillende grondtipes, kon daar geen statisties-verantwoordbare tendense oor die tydperk in die park of in ?n spesifi eke grondtipe waargeneem word nie. Daar is ook geen betekenisvolle veranderinge in die aantal houtagtige plantspesies of die frekwensie daarvan oor die studietydperk waargeneem nie. Die verskillende funksionele plantegroeigroepe het verskillend teenoor reënval of grondwaterhouvermoë gereageer. Smaaklike en onsmaaklike meerjarige grasspesies het beide op huidige en vorige reënvalhoeveelhede op verskillende maniere gereageer. Die afname van smaaklike meerjarige grasse met toename in reënval word gedeeltelik verklaar deurdat die relatiewe waardes teenoor die absolute waardes gebruik is. In die natter reënvaljare het die eenjarige grasse se toename daartoe gelei dat teenwoordigheid tussen die meerjarige grasse en die punt van versameling voorgekom het. Gevolglik is baie meer van die eenjariges aangeteken. Dit terwyl die meerjarige grasse wel nog teenwoordig in die persele was. Dit maak die gevolgtrekking oor wat met die meerjarige grasse gebeur het in absolute terme baie moeilik. Die tekorte aan personeel, tyd en begroting het ongelukkig ?n groot impak op die manier van monitering. Dit is heel moontlik die rede waarom so min moniteringsdatastelle bestaan en nog minder gepubliseer word.

 Artículos similares

       
 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más