Redirigiendo al acceso original de articulo en 24 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die verband tussen voeding en die leesprestasie van graad 4-leerders in Suid-Afrika: Bevindinge van prePIRLS 2011

Surette van Staden    

Resumen

Die effek van voeding op leerderprestasie was al die onderwerp van menige studie. Bewyse wat die oorsaaklike verhouding tussen voeding en prestasie staaf, bestaan egter nie. Op nasionale vlak bel? die Departement van Basiese Onderwys tyd, moeite en geldelike hulpbronne in ?n Nasionale Skoolvoedingsprogram in ?n poging om die gesondheid van SuidAfrika se armste leerders te beskerm en om ?n bydrae tot hul opvoeding te maak. Teen hierdie agtergrond ondersoek die huidige studie patrone in die leesgeletterd van graad 4-leerlinge, wat geassosieer word met die response van onderwysers oor leerdervoeding, deur gebruik te maak van die Suid-Afrikaanse data van die Pre-Progress in International Reading Literacy Study (prePIRLS) 2011. Volledige verslae van onderwysers oor die mate waartoe onderrig be?nvloed word deur leerders se gebrek aan basiese voeding word aangebied, terwyl verslae van onderwysers volgens taalgroep ook oorweeg word in ?n poging om beter insig te verkry in patrone van prestasie op ?n gedisaggregeerde vlak. Resultate vir die huidige studie bevestig bestaande literatuur, naamlik dat ?n oorsaaklike verband tussen voeding en leesprestasie nie sonder twyfel vasgestel kan word nie. Nieteenstaande die gebrek aan oorsaaklike bewyse, behoort nasionale skoolvoedingsprogramme egter nie gediskrediteer of gestaak te word nie. Sulke programme kan moontlik juis van waarde wees wanneer realistiese doelwitte gestel word met die oog op verbeterde ondersteuning vir leerders.

 Artículos similares

       
 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más

 
F J De Beer, V A Azov, D V Kama, F J F Jacobs     Pág. 117
Daar is sowat twintig proteïenogeniese aminosure wat natuurlik in biologiese wesens voorkom. Hierdie aminosure is die boublokke van proteïene. Proteïene is komplekse molekulêre masjiene wat ?n magdom funksies in die liggaam verrig. Inderdaad, sonder prot... ver más