Redirigiendo al acceso original de articulo en 24 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Aaneenlopende vloeisintese van ?n selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSHI), fluoksetienContinuous flow synthesis of a selective serotonin reuptake inhibitor (SSRI), Fluoxetine

L T Van Wyk    
I Strydom    
Darren L Riley    

Resumen

Depressie is ?n algemene tog ernstige en lewensbedreigende gemoedsversteuring wat gepaard gaan met gevoelens van swaarmoedigheid, hartseer en wanhoop. Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) word 350 miljoen individue geaffekteer deur depressie, wat díe gemoedsversteuring die mees algemene siektetoestand wêreldwyd maak (WHO 2017). Fluoksetien (ProzacTM) is deur Eli Lilly en Co. in 1972 ontdek en het medisinale gebruik verkry in 1986. Fluoksetien vorm deel van die selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSHI) klas van antidepressante en word op gereelde basis vir behandeling van depressie voorgeskryf. Tans word die aktiewe farmaseutiese bestanddeel (AFB) as ?n rasemiese mengsel voorgeskryf, hoewel daar verskille in die bio-aktiwiteite en farmakokinetika van die twee enantiomere gevind is. Terwyl die (S)-enantiomeer doeltreffendheid as antidepressant illustreer, word die (R)-enantiomeer vir behandeling van bulimie gebruik.