Redirigiendo al acceso original de articulo en 21 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die invloed van omgewingsrelevante konsentrasies van die plaagdoders aldrin en methoxychlor op die gesondheid van die skerptand barber, Clarias gariepinusThe effect of environmentally relevant concentrations of the pesticides aldrin and methoxychlor on the health status of the sharptooth catfish, Clarias gariepinus

Helené J Coetzee    
J Das Neves    
I E J Barnhoorn    
G M Wagenaar    

Resumen

Aldrin en methoxychlor is plaagdoders waarvan konsentrasies onlangs in die Albasini Dam (Limpopo Provinsie) gemeet is. Die teenwoordigheid van aldrin was onverwags, aangesien hierdie plaagdoder deur die UNEP Stockholm Konfensie in 2004 verban is. Aldrin is ?n organiese chloorverbinding wat nekrose in die lewer en niere van visse veroorsaak. Onvoldoende inligting is oor die registrasie en die gevolge van methoxychlor op visse in Suid-Afrika beskikbaar.