Redirigiendo al acceso original de articulo en 21 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Die effek van veelvuldige lynverwydering op die onafhanklikheidsgetal van ?n asikliese grafiek

Jan H van Vuuren    

Resumen

?n Deelversameling X ? V van die puntversameling V van ?n grafiek G = (V,E) is ?n onafhanklike versameling in G indien geen twee punte van X naasliggend is in G nie. Die kardinaalgetal van ?n grootste onafhanklike versameling in G word die onafhanklikheidsgetal van G genoem en deur a(G) aangedui. ?n Nie-leë grafiek G is p-stabiel as p die grootste getal arbitrêre lyne is wat uit G verwyder kan word sonder dat die onafhanklikheidsgetal van die gevolglike grafiek verander, en q-krities as q die kleinste getal arbitrêre lyne is wat uit G verwyder kan word om die onafhanklikheidsgetal van die gevolglike grafiek noodwendig te verander. Die klasse van p-stabiele en q-kritiese woude (asikliese grafieke) met n punte word in hierdie artikel vir alle toelaatbare waardes van p, q en n volledig gekarakteriseer.