Resumen
In die era voordat slimfone populêr geraak het, was dit taamlik maklik vir besighede om toegang tot hul netwerke, stelsels en inligting te beheer. Baie besighede het die waarde daarvan gesien om slimfone vir besigheidsdoeleindes te gebruik, maar vir besighede om ?n slimfoon aan elke werknemer te verskaf is nie altyd moontlik nie. Daarom het baie besighede besluit om werknemers toe te laat om hul eie slimfone te gebruik, wat bekend staan as ?Bring your own device? (BYOD). Hierdie beleid hou egter risiko?s vir besighede in, omdat hierdie slimfone nie aan hulle behoort nie en ook nie deur hulle beheer word nie, maar deur eienaars van die toestelle. Een van die populêre oplossings vir hierdie probleem is ?n mobiele toestelbestuur (?Mobile device management?) stelsel. Mobiele toestelbestuurstelsels is egter slegs voorkomend, wat beteken dat wanneer ?n voorval plaasvind, die ondersoekers nie historiese data oor die gebruik van die slimfoon kan bekom nie.