Resumen
Alhoewel die lewenswetenskappe-kurrikulum vereis dat inheemse kennisstrukture in die klaskamer aangespreek moet word, word dit ?f baie oppervlakkig gedoen deur middel van ?n voorbeeld of twee, ?f dit is totaal afwesig. Hierdie gemengde-metode ondersoek (met die klem op die kwalitatiewe data) na die stand van inheemse kennis in die lewenswetenskappeklaskamer in Gauteng en Limpopo, het weereens beklemtoon wat Rogan en Grayston (2003) opgemerk het: in Suid-Afrika word daar tydens die kurrikulumproses te veel op die wat (die kurrikulum self) en te min op die hoe (die implementering van die kurrikulum) gefokus. Alhoewel die progressiewe kurrikulum dit duidelik maak dat inheemse kennis aangespreek moet word, word baie min riglyne aan onderwysers verskaf oor hoe dit gedoen moet word. Twee probleme word in hierdie artikel belig: onderwysers se gebrekkige vakkundige onderrigvaardigheid (pedagogiese inhoudskennis, of PCK soos in die literatuur bekend), en hul gebrekkige begrip van die aard van die natuurwetenskappe. ?n Onderwyser se sosiale aanspreeklikheid beteken onder andere dat hulle leerders bewus sal maak van die kulturele en praktiese waarde van inheemse kennis en ook hul belangstelling sal prikkel in vakrigtings soos etnobotanie en chemotaksonomie.