Redirigiendo al acceso original de articulo en 20 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Fraksies en geïsoleerde verbinding uit Tecoma stans (Bignoniaceae), ?n indringerplant, het belowende aktiwiteit teen fungus fitopatogene

Moraba M. Meela    
Ladislaus K. Mdee    
Jacobus N. Eloff    

Resumen

Fungi wat plante aanval, lei tot groot verliese in plantproduksie en ook tot verliese in opbrengs nadat die produkte geoes is. Die beheer van hierdie fungi deur chemiese fungisiede lewer komplikasies vanweë menslike en omgewingstoksisiteit. Die koste en die ontwikkeling van weerstand deur plantpatogeniese fungi teen fungisiede lewer ook probleme. Sekondêre plantmetaboliete het ?n goeie potensiaal as antifungusverbindings. Die doel van die studie was om die aktiwiteit van Tecoma stans-ekstrakte en - fraksies te bepaal en om die aktiewe verbinding te isoleer deur die bioaktiwiteit van fraksies gedurende die fraksionering te bepaal. Die dichlorometaanfraksie het die hoogste aktiwiteit gehad en die geïsoleerde verbinding se struktuur is bepaal as oleanolsuur. Die antifungusaktiwiteit is teen tien belangrike plantfunguspatogene bepaal (Aspergillus niger, Aspergillus parasiticus, Collectotrichum gloeosporoides, Fusarium oxysporium, Penicillum expansum, Penicillum janthinellum, Pythium ultimum, Phytophthora nicotiana, Trichoderma harzianum en Rhizoctonia solani). Die gemiddelde minimum inhiberende konsentrasie was 130 µg/mL. Die DCM-ekstrak en oleanolsuur was minder toksies as die positiewe kontrole berberien teen Vero-selle met LC50 waardes van 0.413 mg/mL, 0.129 mg/mL en 15.48 µg/mL onderskeidelik. Die selektiwiteitindeks van 20 met verskeie fungi dui op moontlike relatiewe veiligheid om onder gekontroleerde toestande selfs vir eetbare produkte te gebruik. Die groot massa plantmateriaal wat van hierdie indringerplant beskikbaar is, mag tot ?n kommersieel bruikbare produk lei in die bekamping van fitopatogeniese fungi.Navorsing korrelasie: Hierdie artikel is die vertaalde weergawe en is beskikbaar gestel om ?n breër lesersgroep te bereik. Die oorspronklike Engelse artikel is beskikbaar hier: https://doi. org/10.4102/satnt.v36i1.1489