Redirigiendo al acceso original de articulo en 19 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Suid-Afrikaanse aandelemarkontwikkeling: Die impak van globalisme en nasionalisme

Cobus Vermeulen    
Fanie Joubert    
Jannie Rossouw    

Resumen

Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) faktore aangedryf word. Vir hierdie doel word die ARDL grenstoets (?bounds test?) gebruik as empiriese raamwerk waarbinne die rol van verskeie makro-ekonomiese veranderlikes, geklassifiseer as òf plaaslik òf internasionaal, in die ontwikkeling van die JSE ? soos benader deur die markkapitalisasiekoers ? ondersoek word. Die navorsingsbevinding is dat plaaslike ekonomiese groei, banksektorontwikkeling en rentekoerse, asook die wisselkoers en handelsoopheid die vernaamste langtermyndrywers van JSE-ontwikkeling is. Dus speel sowel plaaslike as internasionale faktore ?n beduidende rol in die ontwikkeling van die JSE.

 Artículos similares

       
 
J F Murray, G van der Horst, M Allsopp, R Kotze     Pág. 128
Apis mellifera-spesies (heuningbye) is noodsaaklike bestuiwers van gewasse. Voortplantingsukses, afhanklik van spermkwaliteit (bepaal deur strukturele en funksionele eienskappe), is dus belangrik vir hul voortbestaan. Literatuur oor die spermgehalte van ... ver más

 
D A Linde, C J L du Toit, E van Marle-Köster     Pág. 127
Herkouerdiere is afhanklik van die mikro-organismes in die rumen om stysel en vesel deur fermentasie af te breek tot vlugtige vetsure wat vir energie gebruik kan word. Die konsentrasie en verhouding van die vlugtige vetsure sowel as ander fermentasieprod... ver más

 
R D Coertzen, A van Biljon, R van der Merwe     Pág. 116
Groente-soja, ook bekend as ?edamame? in Japannees, is in 2009 amptelik in Suid-Afrika bekendgestel in ?n poging om ?n alternatiewe hoëproteïen-voedselbron vir die arm bevolking te bied, wanvoeding te bekamp en vir opkomende boere ?n inkomste te genereer... ver más

 
A de Smidt, C Jansen van Rensburg, L L van As     Pág. 119
Studies oor verteenwoordigers van vrylewende nie-parasitiese en plantparasitiese nematode wat in natuurreservate in Suid-Afrika voorkom, is skaars. Meer navorsing oor die ekologie van nematode in Suid-Afrika word dus benodig. Volgens die Suid-Afrikaanse ... ver más

 
J du Buisson, L H du Preez, E C Netherlands     Pág. 120
Die Soutpansberge is ?n bergreeks in die noordelike deel van Suid-Afrika en vorm deel van die Vhembe Biosfeerreservaat uit ? ?n gebied wat ten minste 35 paddaspesies huisves. Paddas tree op as geskikte gashere vir ?n verskeidenheid intra- en ekstrasellul... ver más