Redirigiendo al acceso original de articulo en 15 segundos...
ARTÍCULO
TITULO

Reduksiepotensiaal van b-diketone: Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estersubstituentgroepe

Jeanet Conradie    
Nandisiwe Ghandi Sibongil Mateyise    
Marrigje Marianne Conradie    

Resumen

?n Elektrochemiese en berekeningschemiese studie van geselekteerde ß-diketone word aangebied. Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estergroepe op die 1 en 3 posisie van die ß-diketone op die reduksiepotensiaal van ß-diketone word geïllustreer en bespreek. ?n Analise van die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) spin digtheidsprofiel en molekulêre elektrostatiese potensiaal van die gereduseerde ß-diketone gee insig in die elektronverspreiding in die gereduseerde molekule. Daar is bevind dat die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) laagste ongevulde molekulêre orbitaal energieë (ELOMO) van die ß-diketoon lineêr verband hou met die eksperimentele reduksiepotensiaal. Hierdie resultaat kan gebruik word om die verwagte eksperimentele reduksiepotensiaal van nuut-ontwerpte ß-diketone te bepaal.

 Artículos similares

       
 
L Boardman, T C de Klerk     Pág. 75 - 91
Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ?n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ?n individuele basi... ver más

 
T Makondo, G S Perry, E R Sadiku     Pág. 27 - 32
Die behandeling van suurmyndreinering (SMD) en die verwydering van swaarmetale en sulfate bly steeds ?n uitdaging vir die samelewing. Die rede hiervoor is omdat dit ?n ernstige en lewensgevaarlike probleem is wat wêreldwyd voorkom waar sulfiedgesteentes ... ver más

 
B A Senekal     Pág. 106 - 114
Samewerking het oor die afgelope eeu in byna alle wetenskaplike velde toegeneem, met ?n merkbare versnelling oor die afgelope dekades. Die redes vir hierdie toename sluit in die inligtingsontploffing en die uitdaging wat dit aan individuele navorsers ste... ver más

 
J Rossouw     Pág. 2 - 11
Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ?n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in... ver más

 
S Salifu, D Desai, S Kok, O Ogunbiyi, A Oketola, I Cipriano     Pág. 64 - 74
In ?n strewe om die koste van die produksie van elektriese energie drasties te verminder en die dringende behoefte om in die toenemende vraag na elektrisiteit te voorsien, word kragopwekkingstoompype aan verskillende stoomladingstoestande blootgestel. Di... ver más