Resumen
Die doel van hierdie artikel is om die soeklig te laat val op ?n besondere bydrae tot die?geskiedenis van geneeskunde deur antieke geneeshere meer as twee millennia gelede. Vandag?word die gebruik van die pols as diagnostiese hulpmiddel as vanselfprekend aanvaar, maar?die feit dat dokters die polsslag in die Grieks-Romeinse tye, en die Middeleeue, toe so min?nog bekend was omtrent fisiologie en veral die kardiovaskul?re stelsel, kon gemeet het om?siektes te diagnoseer, evalueer en behandel, is werklik merkwaardig. As sodanig is dit ?n?voorloper van die moderne meting van die polsslag, alhoewel dokters vandag natuurlik veel?gesofistikeerder wyses het om siektes te diagnoseer.